Terugvoer / Testimonials

 

Ek wil net graag terugvoer gee oor ons afgelope toer in Turkeye – dit was fantasties!  Ek het al voorheen soortgelyke toere gedoen maar hierdie een stel ‘n nuwe standaard.  Julle reëlings was foutloos.  Waarde vir geld was dit ongelooflik.  Die verblyf was in ‘n ander klas.(Weet nie hoe julle dit reggekry het op ons toerpakket se budget nie.)  Dan moet ek ook spesiale melding maak van ons toergids – Servet Ugur.   Hy was oortreffend – het ‘n passie vir sy werk.  Sy kennis wat hy met ons gedeel het was verstommend.  Daarby sy omgee vir die groep en spesiale reëlings om ons te bevoordeel omdat hy die bedryf so goed ken was puik.  Hy het uit sy pad gegaan om dit vir ons aangenaam te maak.

 

Dankie – ons het die vakansie terdeë geniet.

 

Hoop ek kan binnekort weer een van julle toere meemaak.

 

Groete

Johan Janse van Vuuren